Woodside – ‘n Baie spesiale plek


Woodside Sanctuary is ‘n baie spesiale plek vir baie spesiale mense, en is gestig deur baie spesiale mense. Fritz Klaaste het daar ingeloer en die dokumentêr saamgestel.

Luister hier na ‘n voorsmakie van die program:

Die Woodside Tehuis in Cottesloe in Johannesburg sien om na 86 mense met buitengewoon intellektuele gestremdhede. Die inwoners kan nie na hulleself omsien nie en benodig totale verpleegsorg, Van hulle het die breinkapasiteit van ‘n pasgebore baba tot vier jaar oue kind. Hulle ouderdomme wissel van drie tot 64 jaar oud. ‘n Groep professionele verpleegkundiges versorg die inwoners, en laat jou toe om ‘n blik te kry op hulle werksaamhede en die lewe van die inwoners.

Een van die inwoners van Woodside Sanctuary

Nog ‘n inwoner van Woodside Sanctuary

Woodside Sanctuary is ‘n geregistreerde PBO en NPO wat in 1955, meer as 64 jaar gelede, gestig is deur Vernon en Norah Veale, ná die geboorte van hul seun Barry Robin. Vernon en Norah was deel van ‘n groep besorgde ouers wat op soek was na ‘n ‘huis-van-die-huis’-omgewing vir hul kind met spesiale behoeftes vir versorging. Hulle kon nie die gedagte kleinkry om hul kind in ‘n inrigting te plaas nie, en wou ‘n tipe tuisversoring hê weg van die huis, wat hul kind ‘n gesonde en gelukkige omgewing vir ‘n gebalanseerde lewe kon bied.

Woodside Sanctuary bied vandag voltydse behuisingsorg aan 83 persone met buitengewone intellektuele gestremdhede. Hulle benadering is holisties van aard en bied 24-uur verpleegsorg, verskillende vorme van terapie, voltydse moederlike versorging (sowel as rehabilitasie- en stimuleringsprogramme).

Inwoners word van regoor Suid-Afrika ingeneem. Alle persone wat deur hul geneesheer of die departement van gesondheid of maatskaplike dienste na Woodside verwys word, word evalueer voordat hulle as inwoners opgeneem word.

‘n Infaseringsprogram word normaalweg aanbeveel, sodat verseker kan

Die binnemure is onlangs danksy weldoeners geverf

word dat die inname in die beste belang van die individu en die gesin is.

Woodside help hierdie kinders en volwassenes, om hul volle potensiaal te bereik, lewenspotensiaal te verryk en persoonlik te beloon, deur mense te behandel met:

– Uiters gestremdhede

– Geestesgesondheidsbehoeftes

– Verworwe brein beserings

– Fisiese / mediese gestremdhede

– Sensoriese gestremdhede

Woodside kan deur enige persoon ondersteun word deur borgskappe:

  • Skenkings/Donasies
  • Geskenkpakkies
  • Neem deel aan marathons vir Woodside

Woodside benodig tans bystand met die volgende:

– Musiekterapie

– Podiatrie

– Haarsorg

– Nael Tegnikus

– Spraak en Taal Terapie

– Tande en mondsorg

– Hidroterapie

– Medizone terapie