“Proefkonyn” – diere vir wetenskaplike navorsing


‘n Proefmuis?

“Proefkonyn” kyk na die gebruik van diere vir wetenskaplike navorsing.  Dié onderwerp is amper net so taboe soos politiek en seksuele orientasie. Net soos aktiviste passievol is oor hulle argument voel die wetenskaplikes en veeartse net so sterk oor hulle siening.

Kan dit as eties beskou word om diere te gebruik vir navorsing om die mens se lewe te verbeter of te vergemaklik? As jy die keuse gegee word om te kies dat jou kind se lewe gered word of dat ‘n rot sy lewe gee om mediese vooruitgang te help wat sal jy kies? Wat gee ons as mens die reg om diere te gebruik?

Veeartse, professore, aktiviste en navorsers gee hulle passievolle menings oor die onderwerp. Wie is reg? Watter kant van die muntstuk vind jy jouself?

Kom luister Donderdagaand om 20:00 na “Proefkonyn”. Kan die spreker jou van mening laat verander?

Twee belangrike dokumente:

  1. Die wet op dierebeskerming: ANIMALS PROTECTION ACT
  2. Suid-Afrikaanse nasionale standaard vir die versorging en gebruik van diere vir wetenskaplike doeleindes: SANS Care and use of animals for scientific purposes

 

Die gaste wat aan die gesprek deelneem is:

  1. Dr Smaragda Louw van Ban Animal Trading
    www.bananimaltrading.org
    info@bananimaltrading.org
  2. Toni Brockhoven van Beauty Without Cruelty
    www.bwcsa.co.za
    toni@bwcsa.co.za
  3. The South African Association for Laboratory Animal Science (SAALAS
    https://www.saalas.org/
  4. Prof Tiaan Brink
  5. Dr Bert Mohr
  6. Prof Vinny Naidoo

Luister gerus hier na ‘n klankgreep van die dokumentêr “Proefkonyn”. Saamgestel en aangebied deur Christelle van Tonder.