Luister weer: Siyabonga Suster Chrisna, Siyabonga


9 Augustus: Siyabonga Suster Chrisna, Siyabonga

Ingang tot Siyabonga

Saamgestel deur Martelize Brink

Suster Chrisna du Plessis het voor haar kliniek ‘n pasiënt op die grond in die modder sien lê, besig om te sterf aan Vigs. Hierdie voorval was ‘n bepalende een in haar lewe. Drie jaar later stig Chrisna die Siyabonga Care Village met die hulp van engele in haar gemeenskap in Vredenburg.

Dit is ‘n plek van veiligheid vir mishandelde vroue, ‘n tuiste vir gestremdes, ‘n skool vir gestremde kinders, én bied palliatiewe dienste aan pasiënte in die laaste dae van hulle lewe. Hulle bied daagliks duisend etes aan aan verskeie inwonende gestremdes, mishandelde vroue en kinders. Suster Chrisna het oor die jare reeds 6 peetkinders grootgemaak.

Martelize Brink het na Siyabonga Care Village by Vredenburg gegaan om hierdie wondervrou en haar wonderlike werk te ervaar.

Lees meer oor Siyabonga Care Village en die programme wat hulle aanbied by dié toevlugsoord. Klik hier.

Kinders by die Siyabonga sorgsentrum

Maatskaplike werker Jane Moss.

Natachia Williams, Tuisversorger vir inwonende gestremdes.

Gerdaline Domberg, ma van ‘n gestremde kind.