Luister weer: Claerhout en sy kuns


Vader Frans Claerhout

In die dokumentêr “Wat is ‘n huis sonder ‘n Claerhout …” bring Johan van Lill hulde aan die bekende skilder Vader Claerhout wat in 2006 oorlede is. Hy sou vanjaar sy honderdste verjaardag gevier het. Hy was bekend vir die kwistige kwashale waarmee hy donkies, sonneblomme en Afrika-tonele geverf het en ook vir sy houtskooltekeninge waarvan daar amper in elke huis een hang.

Die musiek in hierdie dokumentêr is gekomponeer deur Hans Roosenschoon en is gebaseer op ‘n reeks skilderye met dieselfde titel – seker van Vader Claerhout se bekendste werke ooit – “Die Sonnevanger” en uitgevoer deur die Weskaapse Jeugorkes. Die oorspronklike onderhoud met Vader Claerhout wat in die dokumentêr gebruik is, was deur Diena Smit opgeneem en in 1993 uitgesaai.

Die stemme van die volgende mense is gehoor: Rina Els, jarelange vriendin, Charlene Hern, Floris Kotze, Pieter van Jaarsveld, Henk van de Walt, Ilza Roggeband en Dana Snyman.

Luister vanaand 20:00 na dié dokumentêr deur Johan van Lill.

Hier is enkele van sy skilderye? Of is dit die nonne s’n?