Luister weer: Radiodrama oor ‘n familie-geheim


Luister Donderdag 29 Oktober om 20:00 na NAG VAN DIE VER MUSIEK deur Engela van Rooyen-Linde

DIE STORIE

‘n Outydse beertjie musiekboks

Andries Smith is emosioneel afgestomp teenoor sy gesin, bestaande uit sy vrou Alet, en hulle tweeling, Larry en Lara. Wat sou die rede daarvoor wees? Is dit omdat hy net sy ma, Gloria Smith se woord kan neem vir wat met sy pa gebeur het, of het dit iets te doen met die beertjie-musiekboks wat hy sukkel om oop te kry. Weet Gloria meer as wat sy voorgee?

Radioteater

DIE SKRYWER – Engela van Rooyen-Linde

Engela van Rooyen-Linde

 Engela van Rooyen-Linde is gebore te Kakamas teen die Oranjerivier. Sy het daar skoolgegaan en op Stellenbosch studeer. As predikantsvrou het sy dikwels verhuis en op Potchefstroom het sy Honneurs en MA cum laude verwerf. Van haar vier kinders het toe self reeds afstudeer. Engela skryf ook onder haar getroude naam Engela Linde. ‘n Verdere skryfnaam is Louisa du Toit. Sy het meer as honderd boeke in verskillende genres geskryf. Heelwat daarvan is bekroon, vertaal en vir skole voorgeskryf. Van haar vroegste werk was radiohoorspele, en daarom beskou sy dit as ‘n voorreg dat sy steeds vir die radio kan skryf. Sy en haar man het in Pretoria afgetree. Sedert sy afsterwe bedryf sy steeds haar skryfkantoor.

DIE REGISSEUR – Christelle Webb-Joubert

Die werk van ‘n regisseur is nie net om die regte akteurs te kies, en spelleiding te gee nie, maar ook om die teks opvoerbaar te maak. Skrywers vergeet dikwels dat luisteraars net met hulle ore kan sien as hulle na ‘n radiodrama luister, en dat jy net met klank die prentjies kan laat leef..

Die storielyn van NAG VAN DIE VER MUSIEK is redelik kompleks, en daarom het ek al die ander elemente eenvoudig gehou. Dis ‘n sterk spelgedrewe teks.

Die akteurs is almal nie net gesout in die bedryf nie, maar verstaan ook radio as medium.

DIE AKTEURS

DAWID MINNAAR as Andries Smith

HENRIETTA GRYFFENBERG as Alet Smith

LUAN JACOBS as Larry Smith

ANSU VISSER as Lara Smith

ELZABé ZIETSMAN as Gloria Smith

TEGNIESE SPAN

Bongiwe Thomas

Evert Snyman