Fiks vir die Lewe weer op lug
Mense gaan deur die lewe met baie vrae oor hoe om sekere omstandighede wat op hulle pad kom, te hanteer:
– Hoe verwerk ek byvoorbeeld die selfdood van ‘n geliefde,
– hoe bestuur ek my emosies wanneer mense my kwaadmaak, of
– wat maak ek wanneer daar huwelikspanning in ‘n verhouding kom?
Hierdie is maar enkele onderwerpe wat interaktief bespreek word in die regstreekse RSG program: FIKS VIR DIE LEWE, Sondagaande net na die 7 nm nuusflitse. Die aanbieder, Phil Loots en sy gas, dr. Gustav Gous, hanteer aktuele onderwerpe op ‘n praktiese manier en reageer op luisteraars se terugvoer per SMS’e, eposse,en wattsap.
Luister na 2 klankgrepe:
Die terugvoer van luisteraars is baie bemoedigend soos bly uit enkeles daarva:
- “Ek is ‘n maatskaplike werker en het gisteraand na Fiks vir die Lewe geluister maar kon nie alles neerskryf nie. Ek werk met kinders, ouers en families. Ek wil net weet of u asseblief vir my die inligting kan stuur sodat ek mook ander kan help.”
- “If more South Africans could think like you, we had a winning recipe,”
- “Dankie Phil en Gustav …geniet die program elke Sondagaand … insiggewend … dankie!”
- “Program was so bemagtigend met al die voorstelle wat genoem is. Dankie, dankie!”
- “Uitstekend. Die totale lewensfilosofie in ‘n halfuur vasgevat terwyl mense jarelank hiermee kan worstel.”
- “Baie dankie … Sondagaande is die hoogtepunt van ons week om na Fiks vir die Lewe te luister … pitkos vir ons siel.”
Van die onderwerpe wat reeds hierdie jaar bespreek is, was:
- Hoe herstel ek afgebreekte brûe tussen my en ander?
- Hoe vertrou ek mense wat my teleurgestel het?
- Hoe bestuur ek my emosies?
- Naby dood ervarings
Fiks vir die Lewe poog om mense toe te rus vir elke dag se uitdagings en hulle lewensvrae te beantwoord op ‘n eenvoudige en praktiese manier.