Flori en Koelsoem se kookboek kook
Kook saam Kaaps, die kookboek deur Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker, verkoop soos soetkoek. As jy dit nog nie het nie, moet jy maar vinnig spring.
Kook saam Kaaps is op die US Woordfees op Stellenbosch bekendgestel en Koelsoem en Flori moes bontstaan om boeke te teken.
Onder is Flori en Koelsoem hard aan die boeke teken.