Donderdagaand: NP van Wyk Louw se gedigte
Augustus is NP van Wyk Louw-maand hier op jou stasie. Dis vanjaar 50 jaar sedert sy dood in 1970. Louw is een van die reuse van die Afrikaanse literêre wêreld, iemand wat ook nie geskroom het om te skryf en te praat oor die sake van die tyd nie. NP van Wyk Louw is vanjaar 50 jaar gelede oorlede. Hy is die enigste persoon aan wie die Hertzogprys vyf keer toegeken is – en dit in al drie kategorieë: poësie, prosa en drama. Sy werk is voorgeskryf vir skole, en opgevoer op verhoë. Hy het talle opdragwerke vir die SAUK en vir ander instansies geskryf. Hy het sy volk gekritiseer en vermaan, en in sy eie woorde.
Hierdie NP van Wyk Louw-programme word Donderdagaande 20:00 uitgesaai. Daar is ‘n nuwe dokumentêre program, ‘n drama, ‘n gesprek deur filosowe en ‘n vars versprogram.
NP van Wyk Louw-maand op RSG
Donderdag 6 Augustus 20:00 – Dokumentere program oor sy werk – taal, klank en simboliek – Ina Strydom
Donderdag 13 Augustus 20:00 – Johan Rademan in gesprek met twee filosowe oor die betekenis van NP van Wyk Louw se lojale verset vir die huidige geslag, ‘n geslag 5 dekades na sy dood.
Donderdag 20 Augustus 20:00 – Argiefdrama Blomme vir die Winter van NP van Wyk Louw. Dit gaan oor liefde wat nooit beantwoord word nie en van die spelers is Richard van der Westhuizen en Rina Nienaber
Donderdag 27 Augustus 20:00 – Spesiale versprogram oor Van Wyk Louw se gedigte
Luister na die klankgreep met meer inligting oor die dokkie seisoen.
2DE DOKUMENTERE SEISOEN 2020
Augustus 2020
6 Aug | Saamgestel deur Ina Strydom
Lees meer oor NP van Wyk Louw, wat in 1970, 50 jaar gelede, gesterf het. |
Die fyn fyn net van NP van Wyk Louw se woorde
Dokumentere program oor sy werk – taal, klank en simboliek – NP van Wyk Louw is vanjaar 50 jaar gelede oorlede. Hy is die enigste persoon aan wie die Hertzogprys vyf keer toegeken is – en dit in al drie kategorieë: poësie, prosa en drama. Sy werk is voorgeskryf vir skole, en opgevoer op verhoë. Hy het talle opdragwerke vir die SAUK en vir ander instansies geskryf. Hy het sy volk gekritiseer en vermaan, en in sy eie woorde, hom lewenslank aan dié volk verknog. Dié dokumentêr fokus op slegs enkele aspekte van Louw se werk. |
13 Aug | Johan Rademan | NP van Wyk Louw (Gesprek)
Johan Rademan in gesprek met twee filosowe oor die betekenis van NP van Wyk Louw se lojale verset vir die huidige geslag, ‘n geslag 5 dekades na sy dood. |
20 Aug | Kobus Burger | NP van Wyk Louw (Drama)
Argiefdrama Blomme vir die Winter van NP van Wyk Louw. Dit gaan oor liefde wat nooit beantwoord word nie en van die spelers is Richard van der Westhuizen en Rina Nienaber |
27 Aug | Frieda v/d Heever & Herman Steyn | NP van Wyk Louw (Vers & Klank)
Spesiale versprogram oor Van Wyk Louw se gedigte |
Reeds afgehandel – Luister weer
In ons tweede dokumenêre seisoen het ons reeds gefokus op Elsa Joubert, SV Petersen en C Louis Leipoldt.
Julie 2020
9 Julie | Saamgestel deur Daniël Hugo
|
“Die verste reis wat ’n mens kan onderneem, is van mens tot mens, deur die hart.” (Verste reis, 1958)
Hierdie program program oor die lewe en werk van skryfster Elsa Joubert, is in 1998 deur Daniel Hugo gemaak. Joubert is onlangs in die ouderdom van 97 jaar in Kaapstad oorlede. |
16 Julie | ‘n Kind van die taal – SV Petersen 1989‘n Dokumentere program oor die lewe en werk van SV Petersen.
Petersen was ‘n Afrikaanse digter, skrywer en opvoeder. Sover vasgestel kon word, was hy die eerste nie-wit persoon wie se gedigte en prosa in Suid-Afrika gepubliseer is. Hy is in 1987 oorlede, en hierdie program oor hom is in 1989 gemaak. |
|
23 Julie | Saamgestel deur Ina Strydom | Leipoldt se Polfyntjie 2019 |