Gee betyds jou insette oor die SAUK se redaksionele beleid
Help om die SAUK se redaksionele beleid te hersien
Die SAUK se redaksionele beleid skep ‘n raamwerk en dien as riglyne wanneer besluite oor inhoud gemaak word. Dit is spesifiek vir programme, nuus en aktualiteit, taal, universele toegang en dienste, plaaslike inhoud, godsdiensprogramme en opvoedingsprogramme.
Daar is ‘n proses om die redaksionele beleid te hersien, en die publiek word genooi om deel te neem. Openbare sessies sal in elke provinsie gehou word waar almal kan deelneem deur middel van mondelinge of skriftelike insette. Die sperdatum vir geskrewe insette is 31 Augustus 2017.
Laai die beleidsdokument af by www.sabc.co.za/editorialpolicy
Klik op LAAI AF vir ‘n lys van die datums en venues van die openbare sessies.