My storie: Bly só positief ná verkragting


Leilani Kuter van Roodepoort is 27 jaar gelede verkrag. In weerwil daarvan het sy doelbewus ‘n poging aangewend om te oorleef en sterker aan die ander kant uit te kom. Sy sê sy is nie ‘n slagoffer nie. Sy het die keuse gehad om haarself op te lig en aan te gaan, of om te bly lê. Sy sê dis steeds haar keuse om elke dag postief te wees.