Vrees jy verandering?


Wie is ek? – Vrydag 16 Februarie 2018

Nie almal van ons ervaar verandering as ‘n gemaklike proses nie – of jy nou skei, trek, van beroep verander of selfs ma word. Vir sommige mense kan die vooruitsig van verandering, en die aanpassing wat daarmee gepaard gaan, so vreesaanjaend wees dat hulle alles probeer om die proses te vermy. Lise Swart praat met ‘n sielkundige om uit te vind hoekom sekere mense hiermee sukkel, en wat haar raad is mense om aanpassings ‘n meer positiewe ervaring te maak.