Borsveranderings chirurgie – hoe en wat word gedoen?


Gesondheid op RSG

Hoe word borsverkleinings-, -vergrotings- en -rekonstruksie-chirurgie gedoen? Waar word die snitte gemaak? is silikon veilig en wat gebeur as dit lek? Hoe word die bors gerekonstrueer ná ‘n mastektomie gedoen? Kan dit altyd onmiddellik gedoen word? Hoe werk die operasie waarin ‘n vrou se hangborste gelig word? Met watter volume kan groot borste verklein word? Wat is die kans dat ‘n moderne silikoonprostese kan bars of lek? Hoe word ‘n bors opgebou ná ‘n mastektomie, en hoe normaal kan dit lyk?

Marí Hudson gesels met dr. Wessel Stydom, plastiese en rekonstruktiewe chirurg van Stellenbosch, oor borsveranderingsoperasies.

 

Die anatomie van die bors

Die vorm van die bors bepaal waar weefsel verweyder word vir die verkleining.

Die mate waartoe die borste hang, word ook in ag geneem

Hierdie sketse dui aan heo die chriurgiese snitte gemaak word en watter weefsel verwyder word in die borsverkleinings operasie in pasiënte met groot hangborste.

A. Die bors word gemerk en dan word die snitte gemaak.

B. Die snitte word gemaak

C. Die tepel is met sy bloedvate intakt, losgesny, borsweefsel is verwyder en nou word die tepel effe hoër vasgewerk.

D. Nou word die laaste deel onder die tepel vasgewerk

E. Só lyk dit as die operasie voltooi is.

Borslig operasie

As die borste gelig moet word, word die tepel hoër geskuif.

Voorbeelde van borslig-chirurgie

Die resultaat van ‘n borslig operasie lyk só in ‘n goeie chirurg se hande

Borsvergrotingsoperasies

Silikon inplantings is die algemeenste en kom in verskeie groottes. Implantings met sout-oplossings kan ook gebruik word.

Implantings met ‘n anatomiese vorm (links op foto) is duurder maar gee ‘n meer natuurlike vorm.

Die snitte om die prosteses in te plant, kan op een van drie plekke gedoen word, en die prostese kan of bo-op die pectoralis-spier of onder die spier ingeplant word.

 

Só word die silikon prostese onder die pectorialis borsspier ingeplant.

Borsrekonstruksie ná ‘n mastektomie
As die tepel en vel behoue bly, kan ‘n gewone silikon-inplanting gedoen word.
Indien daar nie genoeg vel is nie, kan ‘n flap-operasie gedoen word waar vel en weefsel van byvoorbeeld die blad of die maag of omgeswaai word of as geheel verwyder en op die plek van die bors geheg word.

In die een flap operasie word ‘n spier van die blad met sy bloedvoorsiening en al, omgeswaai en ‘n nuwe bors geskep.

}n Vry flap kan van die maag verkry word en ‘n nuwe bors kan dan geskep word. Die vel en onderhudse weefsel word op die maag uitgesny en weer op die plek van die bors vasgewerk.

Meeste van die sketse is uit dié uitstekende mediese handboek