Nuwe kankermiddels bring hoop


Waar staan ons met kanker-medikasie? Wat is chemoterapie, wat is ‘geteikende’ behandeling en wat is immunoterapie? Hoe werk dit en hoe effektief is dit? Is daar vordering in die oorlewingsyfers? En kan ’n mens opgewonde raak oor tweede generasie immunoterapie? Kan ons uitsien na nog meer doeltreffende middels?

Dr Samuel Fourie

Marí Hudson het met Dr Samuel Fourie, ’n kliniese onkoloog by die Wilgers Onkologie Sentrum in Pretoria, gesels. Hy is betrokke by verskeie navorsingsprojekte om nuwe middels te toets, en is dien ook op die komitees van al die kankerspesialis-organisasies in Suid-Afrika insluitend SASMO, SASCRO, SAOC en ICON en is ‘n lid van die American Society of Clinical Oncology (ASCO), die American Statistical Association (ASA) en ook van ISPOR.

Neem kennis

  • Voorstelling van aangeskakelde CAR-T-selle

    As iemand gediagnoseer word met kanker, sluit die moontlike behandelingsopsies chirurgie, bestraling en teenkankermiddels in. Elke pasiënt se behandelingsplan is individueel en kan dus verskil van ander pasiënte. Die individuele planne word uitgewerk volgens die soort kanker, die plek van die kanker, die stadium en vorm van die kanker.

  • As dit by teenkanker-middels kom, is daar tans 4 opsies en die opsie wat die beste vir die spesifieke kanker, kankerstadium en pasiënt word gekies:1. Chemoterapie – die doeltreffendheid van chemoterapie-middels het die afgelope dekades baie verbeter. Chemoterapie werk deur die kankerselle aan te val. Kankerselle is meer sensitief vir hierdie middels, omdat hulle in ‘n spesifieke stadium van abnormale verdeling is, en dié middels selle aanval wat in dié stadium van verdeling is.

    2. Hormoonbehandeling – dis doeltreffend in die behandeling van kankers wat aangevuur word deur hormoonvlakke soos sommige soorte bors- en prostaatkanker

    3. Geteikende terapie – Monoklonale teenliggame is die bekendste geteikende terapie, asook Herceptin teen Her2-borskanker. Geteikende terapie soek spesifieke drywer-mutasies wat in kankerselle voorkom, op, en vernietig dan dié selle. Chroniese Mieloïede Leukemie (CML) word baie doeltreffend met geteikende terapie beheer.

    ‘n Geaktiveerde T-sel (links onder) val ‘n kankersel aan.

    4. Eerste en tweede generasie immunoterapie – kankerselle oorleef en versprei as die kankersel homself kamoefleer sodat die liggaam se immuunstelsel nie meer die kankerselle as kanker herken nie. Met immunoterapie skakel die middel weer die afgeskakelde limfosiete (immuunstelsel) aan om self die kankerselle te beveg. Dit is veral die afgeskakelde T-limfosiete wat weer aangeskakel word. Een van die behandelings staan bekend as CAR-T-sel terapie. Die soort kankerbehandeling word nou ingespan teen gevorderde melanoom, longkanker, sekere kop- en nekkankers, slukdermkanker, limfome en Tripel negatiewe borskanke.

  • Enige van die middels kan in kombinasies met ‘n ander groep middels gebruik word.
  • Navorsing word gedoen op immunoterapie vir van die dermkankers, ander borskankers, ovariële kankers wat verband hou met die BRCA1 en 2 gene en beenkankers.
  • Cannabis genees NIE kanker NIE.

Luister en lees ook:

Wat is die nuutste in kankerbehandeling?