Pak noodhulp-tassie vir kinders en vakansie só

Somervakansies met kinders – wat kan verkeerd loop? Elke ma weet dat skrape, snye, brand- en bytplekke, bloukolle en trane deel is van vakansiepret en –avontuur. As ma’s dit sal waag om ‘n lysie te maak van al die klein ongelukkies wat op ‘n seevakansie of ‘n vakansie in die bos kan gebeur, sal menige ouer sekerlik óf daar en dan besluit om eerder tuis (en veilig) te bly, óf ‘n treiler vol noodhulp-voorraad wil saamsleep. Gelukkig is dit asof daar ‘n spesiale instink in ouers ingebou is om hul kinders se ongelukke of ongelukkies te hanteer. Wanneer ons peuter wankelrig sy eerste tree gee, net om gereeld op sy ken of voorkop te val, word ‘n primitiewe instink aangeskakel om ‘n oorbeskermende ma in ‘n parate ma te verander. ‘n Pers knop so groot soos ‘n eier op jou … Lees meer Pak noodhulp-tassie vir kinders en vakansie só