Keer onnodige antibiotika; was jou hande só


Kidimed-pediater dr. Liesl Venter in haar spreekkamer in die Pretoria-Oos hospitaal.

Dr. Liesl Venter (foto) praat in Brabbeltyd met Charlene Lackay oor antibiotika-weerstandigheid en hoekom dit absoluut noodsaaklik is dat dit nie onnodig vir kinders voorgeskryf word nie.

Só behoort elke keer as jy iets hanteer het, jou hande was

Seep en water goed genoeg

Charlene skryf:

Ná ons onderhoud het ek dr. Liesl Venter, pediater by Kidimed in Pretoria-Oos gevra om meer uit te brei oor hoekom ’n mens liefs met gewone seep en water jou hande by die huis moet was.

 “Ons wil dat gewone kieme net doodgemaak word met gewone seep. Antibakteriële seep by die huis veroorsaak dat huiskieme selekteer vir weerstandigheid,” sê sy.

 In Amerika het die Voedsel- en Dwelmadministrasie (FDA) ná verskeie ondersoeke reeds op

2 September 2016 beveel dat sekere huishoudelike middels met antibakteriële bestanddele nie meer bemark mag word nie, omdat vervaardigers nie met sekerheid die veiligheid en effektiwiteit van dié bestanddele kon bewys nie. Sommige vervaardigers het reeds begin om dit uit hul huishoudelike seepprodukte weg te laat.

Die les is dus: hou by seep en water as dit by handewas kom. Dit is heeltemal voldoende, en dalk ook beter vir jou.

Kyk na die video van die Britse NHS waar kinders verduidelik hoe jy jou hande moet was:

Klik op hierdie skakel na die bg bladsy: https://www.nhs.uk/video/Pages/how-to-wash-your-hands.aspx



Meer inligting oor handewas en antibakteriese agente

http://www.who.int/gpsc/clean_hands_protection/en/ — skakel na prentjie van handewas
https://www.fda.gov/NewsEvents/Newsroom/PressAnnouncements/ucm517478.htm – FDA beslissing dat antibakteriese agente in huishoudelike sepe nie meer bemark mag word nie. Die uitspraak is op 2 September 2016 gelewer.

Meer mediese inligting oor die gevaar van antibiotika-weerstandigheid

Is jy een van die mense wat gereeld jou dokter vra om antibiotika voor te skryf? Jy is op dun ys, want die onnodige gebruik van antiobiotika is nie net gevaarlik vir die samelewing omdat dit weerstandige bakterieë kan skep nie, dit kan ook ‘n persoonlike gevaar vir jou inhou. Mari Hudon gesels met twee spesialiste oor die nuutste benadering in die gebruik van antibiotika.

Het jy geweet antibiotika is slegs doeltreffend teen bakterieë en nie teen virussiektes soos griep en verkoue nie? Tog vra baie mense hulle dokters om antibiotika aan hulle voor te skryf vir griep. En het jy ook geweet dat presies die regte antibiotika voorgeskryf moet word teen die presiese bakterie? En dat die verkeerde gebruik van antibiotika bydra tot die ontwikkeling van superkieme, wat nou besig is om ‘n yslike probleem te word. Mari Hudson praat hieroor met die patoloog, prof. Elizabeth Wassenaar.