Outisme: Die jongste feite


Outisme kan behandel word en tot verbetering lei.

Sommige behandeling werk beslis, ander werk beslis nie en kan selfs gevaarlik wees, en dan is daar behandelings waaroor medici nog nie besliste bewyse gevind het nie, maar wat waarskynlik sal werk.

Hoe besluit mens op die regte behandeling? Watter behandeling werk en watter werk nie?

Prof. Petrus de Vries, ‘n kinder- en tienerpsigiater by die Universiteit van Kaapstad en een van die land se kenners op die gebied van neuro-ontwikkelingsprobleme by kinders, vertel meer:

 

Notas deur Prof De Vries oor die behandeling van outisme

Gesondheid op RSG met Mari Hudson en Prof Petrus de Vries 20 Junie 2018

7 Beginsels vir evaluering van outisme:

  1. a)  Gedetaileerde geskiedenis
  2. b)  Gedetailleerde observasie
  3. c)  Intellektuele evaluering
  4. d)  Spraak en arbeidsevaluering
  5. e)  Gedrag en psigiatriese evaluering
  6. f)  Familie evaluering
  7. g)  Mediese evaluerings

10 beginsels vir behandeling:

  1. a)  Omvattende evaluering
  2. b)  Omvattende behandelingsplan
  3. c)  Geen enkele behandeling werk vir almal en alles nie
  4. d)  Akkommodasie (maw werk rondom die moeilikhede) – PECS, Makaton/SASL/TEACCH ensovoorts
  5. e)  Bou vaardighede DEUR die kernprobleme van outisme (nabootsing, taal, beurte maak, sosialisering, onbuigbaarheid)
  6. f)  Fokus op die familie
  7. g)  Vroee intervensie/behandeling (Early Intervention) – so vroeg as moontlik
  8. h)  Verstaan die betekenis van gedrag…veral moeilike of uitdagende gedrag (aggressie, tantrums, selfbesering, ens)
  9. i)  Gebruik ‘evidence-based’ intervensies
  10. j)  PET (Parent Education and Training, ouer opleiding) en NDBI (naturalistic developmental behavioural interventions, naturalistiese ontwikkelings gedrafsintervensies) is die focus van kontemporere intervensies vir outisme

Wenke vir ouers en families:

  1. Onthou dat julle is die beste onderwysers vir julle familielid met outisme
  2. Elke natuurlike roetine van die dag bring geleenthede om jou kind iets te leer (bv eettyd, aantrektyd, badtyd)
  3. Laat jou kind leiding neem – sodoende doen hy/sy dinge waarin hulle geintersseerd is en wat hulle motiveer. Jy kan dan deel word van die aktiwiteit deur te volg of n ate boots.
  4. Wag – ouers is dikwels so goed om te antisipeer wat ‘n kind wil he of nodig het dat die kind nie die geleentheid kry om te versoek/vra/wys nie.
  5. Kombineer taal en gebare/aksies – moenie net in stilte saamspeel nie: gee die ding ‘n naam, sê ‘n woord of twee om die koppeling tussen ‘voorwerp’ en taalgebruik te bewekstellig.

Webwerf van ASA: http://aut2know.co.za

Luister ook: Die jongste verwikkelings oor outisme

Gesondheid op RSG: Woensdag 18 April 2018

Wat is die jongste verwikkelings in die diagnosering en die mediese insig in outisme? Wat is anders in die brein van iemand met outisme, en waar en hoe verloop die neuro-ontwikkeling dan anders? Kan behandeling help, en hoe?

Prof. Petrus de Vries

April is wêreldwyd outisme-maand, en prof. Petrus de Vries, van die Departement Kinderpsigiatrie aan die Universiteit van Kaapstad is in die ateljee met die antwoorde.
Hy verduidelik die jongste teorieë oor outisme, en kyk kortliks na die simptome en outisme-spektrum.

 

Lees en luister ook

Lees en luister ook na vorige artikels en programme oor outisme: Klik hier.

https://www.rsgplus.org/gesondheid/raaiselkind-hoe-werk-outisme/