Hoe ALLE diabete hulle voete MOET versorg om amputasie te voorkom

Sowat 85% van alle amputasies van diabete se voete en bene begin weens die swak versorging van ‘n ulseratiewe wond wat onstaan as skaafplekke, blase, eelte en klein seerplekke of drukpunte op die voet nie onmiddellike en ernstige aandag van die pasiënt kry wat hom/haar onmiddellik na die dokter of opgeleide verpleegkundige wend nie. As jy ‘n diabeet is, MOET jy jou voete met groot aandag versorg as jy ‘n voet- of beenamputasie in die toekoms wil voorkom. Dis grootliks in jou eie hande. Marí Hudson het met prof. Gary Sibbald [BSc, MD, M.Ed.,D.SC(Hon), FRCPC (Med)(Derm), FAAD, MADWCA, JM], professor in Interne Geneeskunde en Openbare Gesondheid van die Universiteit vanToronto gesels oor diabetiese voetsorg, omdat die verwaarlosing van dié toestand wêreldwyd – en veral in Afrika en ook Suid-Afrika – ‘n groot bekommernis vir dokters is. Luister hier na die … Lees meer Hoe ALLE diabete hulle voete MOET versorg om amputasie te voorkom