Só werk die nuwe diabetes-middels

Nuwe middels om Tipe 2 diabetes te behandel, is van die einde van November en vroeg in 2018 in Suid-Afrika beskikbaar. Dokters is opgewonde oor die nuwe middels, wat jou bloedglukosevlakke verlaag deurdat dit op die niere werk. Die nuwe middels kan die risiko vir hartaanvalle, een van die grootste en lewensgevaarlike komplikasies van diabetes, verminder. Maar hoe kan ‘n middel wat op die niere werk, enigsins ‘n invloed hê op die glukosevlakke in jou bloed, wat hoofsaaklike deur pankreas-hormone (insulien en glukagon) beheer word? Marí Hudson gesels met dr. Marius Wasserfall, internis by Mediclinic Panorama, en hy verduidelik hoe die vurk in die hef steek. Laai Af (24 020KB) Teken in met iTunes Luister   Meer inligting Dié video verduidelik hoe die nuwe medikasie, bekend as Natrium-glukose gesamentlike transporteerder blokkeeerder(SGLT2-blokker werk. Die aktiewe blokker molekule is gliflozin en die twee … Lees meer Só werk die nuwe diabetes-middels