Hoe moet ‘n bejaarde versorg word?


Hoe moet ‘n bejaarde versorg word? Hoeveel en watter verpleegkundiges moet in ’n sorgeenheid vir verswakte bejaardes wees? Wat mak ‘n versorger (carer) doen , want hulle mag nie medikasie uitdeel, bloeddruk meet of enige kliniese werk doen nie. Wanneer moet ’n kind ingryp as sy bejaarde, hardkoppige ouer verwaarloos lyk? Hoe kies jy ’n goeie ouetehuis of aftree-oord? Is daar kwaliteitskontrole by ouetehuise en in die private sektor?

Marí Hudson praat met dr. Anna-Marie Bruwer oor dié moeilike kwessies.

Luister ook: Die verskillende soorte demensie

Die bekentenis van PSG se grootbaas dat hy aan vroeë demensie ly, het die kollig vol-uit op hierdie toestand geplaas. Het jy geweet mens kry meer as een vorm van demensie? Marí Hudson praat met ‘n psigiater oor die verskillende oorsake en simptome van demensie, die diagnosering en behandeling, en ook waar Alzheimer se siekte inpas.