Knievervangings: soms is ‘n halwe een beter as ‘n hele

Het jy geweet dat sowat 45% van alle mense ouer as 60 jaar osteo-artrtis ontwikkel, en dat van hierdie mense erge slytasie van kraakbeen in die knie kry. As mens oorgewig is, ontwikkel tot 66% van mense artritis, en meestal knie-artritis. As die kraakbeen in die knie só verweer het dat been om been skuur met elke tree, kan dit baie pynlik raak en is ‘n knievervanging al uitweg. Maar in sommige gevalle, waar net die binnekant of die buitekant van die kniegewrig verweer het, kan ‘n halwe knievervanging gedoen word. Met ‘n halwe knievervanging bly die knieligamente behoue en is daar meer funksie. In Gesondheid op RSG het Marí Hudson gesels met dr. Rudolph Oosthuizen, ortopediese chirurg by die Wilgeheuwel Hospitaal in Johannesburg. Hy is een van die eerste ortopede wat halwe knievervangings begin doen het, en doen dit … Lees meer Knievervangings: soms is ‘n halwe een beter as ‘n hele