Nuwe kolonkanker-chirurgie


Hoe kry dokters dit nou reg om ‘n pasiënt met laagliggende kolo-rektale kanker ’n stoma-sakkie te spaar?

En hoe kry hulle dit voorts reg om pasiënte met gevorderde kolonkanker, wat reeds na die lewer versprei het, se oorlewingstydperk te verleng?

Dr Stefan Hofmeyr, chirurg van die Universiteit Stellenbosch se mediese skool vertel hoe die span sukses behaal met nuwe benaderings vir dié probleme. Hy verduidelik hoe dokters die lewer fnuik sodat net gesonde lewerselle vermeerder, dikwels nog voordat die kankergewasse in die lewer uitgesny word.

Luister ook

https://www.rsgplus.org/gesondheid/crohn-se-siekte-en-dikdermprobleme/