Die regte stap-postuur


Dit is belangrik om die regte stap-postuur van die begin af aan te leer om te verseker dat jy nie jou rug, nek, knieë of enkels seermaak nie, die regte spiere gebruik en die maksimum voordeel uit jou oefening te kry.

1. Staan reg vóór jy begin:

  • Rug so regop as moontlik, nie vorentoe of agteroor gebuig nie.
  • Jou voete skouerwydte uitmekaar en wys na vore
  • Ken parrallel aan grond sodat jy voor jou kyk en nie teen die grond nie. Trek eerder jou ken in en na agter, as wat jy jou ken vorentoe stoot en soos ‘n kameelperd lyk.
  • Laat jou skouers sak sodat die afstand tussen jou ore en jou skouers so lank as moontlik is
  • Trek jou bladspiere effe af asof jy ‘n munstuk agter tussen jou blaaie wil vasknyp – dit moet nou voel of jou arms gemaklik van jou skouers hang asof jou skouers ‘n kapstok is
  • Trek jou maagspiere styf en hou dit styf
  • Trek jou boudespiere saam en jou boude in – jou bene moet nou voel asof dit los en gemaklik van jou heupe skarnier

2.Nou begin jy te stap:
Maak seker dat jy jou voete akief gebruik deur jou hak eerste neer te sit, en jou gewig oor jou voet te rol tot by jou groottoon. Moenie net jou voete vorentoe stoot en jou voet as geheel neersit nie.
Kyk na die video hieronder:

Hierdie video wys hoe jy jou skouers en heupe moet posisioneer. Sien jou rugraat as die reguit as waarom jou lyf gemaklik horisontaal roteer soos jou skouers en heupe beweeg – ook in ‘n horisontale rotasie om die as van jou rugmurg. Dus nie skouers en heupe op en af, of al swaaiend van een kant tot die ander nie. Die ruggraat moet soos die stabiele as optree. .

Swaai jou arms gemaklik. Die gebuigde elmboog kan gemaklik agtertoe swaai. Moenie die middellyn voor jou lyf oorskrei nie. Kyk na die video hieronder:

 

Lees meer oor die regte stap postuur:

https://www.verywell.com/how-to-walk-walking-posture-3432476