Vroue-atlete, testosteroon en sportprestasie

Die kwessie van testosteroonvlakke in vroue is met die Caster Semeya-saak by die IAAF op die spits gedryf. In die lig hiervan kyk ons na drie sleutelkwessies: verhoogde testosteroon in vroue, verbeter hoë vlakke sportprestasie en kan laboratoria onderskei tussen natuurlike en toegediende testosteroon? Laai Af (21 746KB) Teken in met iTunes Luister Feite uit dié gesprek Vroue met onvolledige Androgeen Insensitiwiteit Sindroom (Onvolledige Testikulêre Feminisasie Sindroom) se chromosome is manlik (46 XY), hulle het onafgedaalde testes, klein borste, is dikwels gespierd met ander manlike eienskappe soos ‘n dieper stem en beharing. Kyk hieronder na ander gevalle waar vroue se testosteroon vlakke verhoog kan wees soos PCOS, Kongenitale Adrenale Hiperplasie (wanfunksionerende byniere weens ‘n ensiemtekort), en Volledige Androgeen Insensitiwiteit sindroom. Daar is handboeke vol beskrywings van verskillende Intersekstoestande soos KAH en VAIS en OAIS, en vele meer. Die toestande is kompleks … Lees meer Vroue-atlete, testosteroon en sportprestasie