Waarom slaan mans vroue?


Monitor: Vrydag 21 Julie 2017

Die direkteur van die Mail & Guardian se Bhekifisa Gesondheidsentrum, Mia Malan, het pas navorsing voltooi oor geweldsmisdade teen vroue – waarom slaan mans vroue? Die meeste studies fokus op die gevolge van aanranding op vroue, sonder om met die mans te praat oor hulle beweegredes. Malan se navorsing is oor die afgelope jaar en ‘n half gedoen met die fokus op Diepsloot, noord van Johannesburg.