Is dit gewone vergeet of Alzheimer’s?


Wat is die verskil tussen gewone vergeet en Alzheimer-vergeet? Behels Alzheimer se siekte meer as net vergeetagtigheid? Hoe verskil Alzheimer van ander vorms van demensie? Is daar medikasie of iets wat kan help?

Marí Hudson gesels met Dr Renata Schoeman, psigiater verbonde aan die SA Psigiatrie vereniging SASOP, oor dié siekte, en kry ook terugvoer van ’n kardioloog oor ’n onlangse oorsese hartkongres oor die nuwe soort pasaangeërmetode bekend as Hisbondel-pasaandrywing.

Meer inligting oor Alzheimer se siekte

Sowat 50 tot 60 % van alle gevalle van demensie is Alzheimer se siekte. In baie gevalle kan Alzeimer se siekte ook gemeng wees of saam met vaskulêre demensie of een van die ander vorms van demensie voorkom.

Met Alzeihemer se siekte vorm verskeie ongewenste proteïene, waaronder Tau-liggaampies, in die brein en belemmer dié neerleggings die oordrag van boodskappe in die brein.

Die simptome

  • Geheueprobleme is een van die tekens/simptome van Alzheimer se siekte.
  • Taalprobleme, byvoorbeeld die soek na die regte woord, en later moeite om te gesels omdat die woorde nie gevind kan word nie, is ‘n verdere teken.
  • Ander tekens en simptome is inkorting in redenasievermoë en
  • swakker besluitneming,
  • swakker ruimtelike oriëntasie en moeite om ‘n plek te herken,
  • agnosie (moeite om ‘n voorwerp te en sy funksie te herken) en
  • apraksie (dom om veters vas te maak of selfoon te gebruik.)
  • Die pasiënt se humorsin verdwyn dikwels en hy/sy sukkel om somme te maak.

Diagnose en behandeling
Alzheimer se siekte is nie noodlottig nie, en niemand sterf weens Alzheimer se siekte nie. Daar is nie ‘n bloedtoets of brein-skandering om Alzheimer te diagnoseer nie, en dit word op grond van kliniese tekens gediagnoseer. Na-doods kan ‘n patoloog wel die tekens van Alzheimer se siekte in die brein bevestig indien nodig.

Daar is geen geneesmiddel nie, maar dokters probeer om met twee middels die agteruitgang te vertraag, veral as die Alzheimersiekte in die vroeë stadium is.

Die 2 soorte medikasie wat gebruik word, is:
1. om die vlakke van asetielcholien in die brein te verhoog omdat dit in mense met Alzheimer se siekte verlaag is.
2. Om die vlakke van glutamaat in die brein te verlaag omdat dit in mense met Alzheimer se siekte verhoog is.

Slaap 8 – 9 ure per nag
Om deur jou lewe 8 tot 9 ure per nag goed te slaap, is uiters belangrik omdat die ongewenste proteïene wat in die brein neergelê word en tot Alzheimer of ander vorms van demensie kan lei, slegs verwyder kan word terwyl jy slaap. Die brein het minstens 8 tot 9 ure slaap per nag nodig om hierdie ongewenste stowwe behoorlik te verwyder.

Luister en lees ook

Die verskillende vorms van demensie
Hoe moet ‘n bejaarde versorg word?