Wat is ‘n atroskopie?


Deur sleutelgat-snitte word die atroskoop-instrumente in die knie geplaas – een met ‘n kamera aan die voorpunt en die tweede met die instrument wat nodig is vir die beplande prosedure.

Dr Callie Ackerman met die materiaal wat vir ‘n volle knievervanging gebruik word, in die voorgrond.

Ons het al almal die woord atroskopie gehoor, maar wat is dit?

Ortopede kan deesdae ’n magdom ‘operasies’ deur ’n atroskoop met sleutelgat-chirurgie doen. Hulle kan stukkies been uithaal, deeltjies glad maak, bloeding beheer en selfs ’n nuwe knieligament konstrueer en vasheg.

Het jy geweet ortopede kan met sleutelgatchirurgie en die gebruik van atroskope (wat letter beteken gewrig + skoop/kyk) ‘n nuwe, sterk kruisligament rekonstureer. Hulle doen dit deur ‘n deeltjie van die tendon van die hamstring af te sny, dit vierdubbel te vou, en dan deur spesiale gaatjies in die benige deel van die gewrig te boor, die tendon vas te heg.

Die anterior kruisligament van die knie kan deur atroskopiese chirurgie herskep word. Die nuwe ligament kan uit dun repies van die patella-tendon (A) of die hamstring tendon (B) herskep word. Dr Ackermann bespreek die prosedure met die repie hamstring-tendon.

Marí Hudson gesels met dr. Callie Ackermann, ortopeed by Netcare Blaauwberg, oor atroskopieë.

Agtergrond inligting

Dr Ackermann verduidelik atroskopie knie prosedures as volg:

Artroskopiese knie prosedures verwys na minimale indringende knie chirurgie. Met die prosedure gebruik die ortopeed ‘n artroskoop om sodoende die binnekant van die knie gewrig te ondersoek en te behandel.

Die artroskoop is ‘n klein chirurgiese instrument wat binne in die knie geplaas word deur ‘n klein insnyding. Die instrument het ‘n klein kamera op dit wat Dr Ackermann toelaat om die binnekant van die gewrig op ‘n skerm te sien. Deur die kamera te gebruik, kan diagnoses gemaak word; voodat chirurgie voorgestel word vir kondisies en besering wat die knieë affekteer.

Nadat ‘n diagnose gemaak is, is dit moontlik om chirurgie te doen met die gebruik van die artroskoop. In meeste gevalle word twee klein insnydings op die knie gemaak waardeur die artroskoop geplaas word, tesame met enige ander instrumente wat benodig word. Dit kan naalde, hakkies of ander chirurgiese instrumente insluit.

Daar is verskeie redes waarom artroskopiese prosedures eerder as tradisionele chirurgie gekies word. Artroskopie vereis gewoonlik ‘n korter herstel tyd en laat minimale letsels. Dit kan ook ‘n toekomstige knie vervanging vertraag of voorkom aangesien kondisies, soos osteoartritis, wat vêrdere toestande veroorsaak, artroskopies behandel kan word.

Artroskopiese knie prosedures word dikwels aanbeveel om skeure te herstel in gevalle waar die kraakbeen wat die knie omlyn beskadig is. In gevalle waar daar los stukkies kraakbeen in die knie gewrig is, as gevolg van ‘n besering, mag ‘n artroskopiese knie prosedure ook aanbeveel word as die beste keuse van behandeling.

Lees en kyk meer:

Só word ‘n kruisligament deur sleutelgatchirurgie herskep:

Kyk ook: https://www.orthoneuro.com/patients/patient-education/medical-procedures/knee-procedures/acl-reconstruction-with-hamstring/

Hier is ‘n animasie om te verduidelik hoe die kruisligament herskep word indien ‘n deel van die patella-tendon geneem word.

 

https://capetownhipkneesurgeon.co.za/tuis.php#tuis
https://www.webmd.com/pain-management/knee-pain/video/knee-arthroscopy
Kruisligament rekonstruksie: https://www.hopkinsmedicine.org/healthlibrary/test_procedures/orthopaedic/knee_ligament_repair_92,p07675

So word growwe rante glad geskaaf.

Atroskopie word veral in die knie- en skouergewrig gedoen.

Luister ook:
Wat is die jongste in knie-vervangings?

Die nuutste oor knievervangings