Ontmoet teaterpersoonlikheid Basil Appollis


Basil Appollis by Johan Rademan in die RSG ateljee in Seepunt.

Die bekende teater persoonlikheid, Basil Appollis, het merkwaardige Suid – Afrikaners se stories verewig.

Mense soos Richard Rive (wat wreed vermoor is kort na hy die kleedrepetisie van Buckingham Palace by gewoon het, 2 dae voor die opening), Dulcie September (wat ook in ‘n skietvoorval in Parys, Frankryk vermoor is), I.D. du Plessis en meer onlangs Krotoa wat hy met Nederlandse ondersteuning en akteurs op die planke gebring het.

Johan Rademan praat met Basil Appollis oor sy lewe en werk.