Droom word waar vir 74-jarige pianis


Reggie Dreyer, ‘n 74-jarige pianis van Retreat, se droom om saam met die Kaapse Filharmoniese Orkes te speel, het na 56 jaar waar geword. In 1960 is Reggie as 18-jarige weggewys by die Kaapse Simfonieorkes vanweë ons land se Apartheidswette, al het hy ‘n oudisie geslaag. Hy het as 18-jarige wonderkind in die by die Kaapse Filharmoniese Orkes die eerste beweging van Mozart se Klavierkonsert no 23 in A majeur gespeel, en op 7 Maart dieselfde beweging in die etensuurkonsert saam met die KFO.
Sy jongste dogter het selfs al die pad uit Londen vir haar pa se spesiale oomblik gekom wat vanjaar op 7 Maart by die Kunstekaap plaasgevind het.
Haidee Muller het met hom gesels.


Reggie Dreyer by sy huis in die musiekvertrek saam met sy vrou Mattie. Hulle is byna 47 jaar getroud. Foto: Nicola Daniels.

Reggie speel saam met die Kaapse Filharmoniese orkes by die Kunstekaap se etensuurkonsert op 7 Maart vanjaar. ‘n Jare lange droom wat eers op 74-jarige ouderdom verwesenlik is.