Grensskuiwers #13: Suid-Afrikaanse sangers
Luister Sondagoggend tien uur in die laaste episode van GRENSSKUIWERS na Suid-Afrikaanse sangers en sangeresse van klassieke crossover musiek. Musiek van onder andere Gé Korsten, Rina Hugo, Jannie Moolman, Coenie de Villiers, Corlea Botha en Chris Chameleon.
GRENSSKUIWERS: Sondagoggend tien uur o.l.v. Esté Gross
Gé Korsten

Gé Korsten, Suid-Afrika se eie Mario Lanza. Net so suksesvol as operasanger as akteur en TV aanbieder.
Manuel Escorcio & Janita Claassen
Anneli van Rooyen

Net so gemaklik daarmee om Sewe sakke sout te sing, as Seenbede en Halleluja – tipiese crossover musiek.
Rina Hugo & Jannie Moolman

Rina Hugo behaal haar Meestersgraad in musiek – en Jannie Moolman vaar goed in Internasionale Sangkompetisies.
Nianell

Haar 2001 treffer Who Painted the Moon, word ook deur internasionale crossover sopraan Haley Westenra opgeneem.
Coenie de Villiers

Coenie de Villiers is bekend vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek en sy samewerking met verskeie kunstenaars.
Corlea Botha

Bewys haarself as veelsydige kunstenaar. Sy is ook deel van Nataniël se verhoogprodukise Factory in 2013
Jakkie Louw en Kevin Leo (Jakkals en Leeu)
Chris Chameleon

Chris Chameleon, bekend daarvoor dat hy enige genre aanpak. Hy verras in 2008 met sy verhoogproduksie Klassieke Chameleon.
Vera-Marie Meyer
Romanz (2008-2014)