Frik du Preez vol vuur op 80… kyk en luister hier
Frik, ons salueer jou!
Op 80 is hy nog net so spitsvondig, vol kwinkslae, wyshede en insig. Dis die legendariese Springbokslot Frik du Preez, wat pas 80 geword het.
Frederik Christoffel Hendrik “Frik” du Preez het SA 38 keer verteenwoordig (1961 – 1971) en Noord Transvaal 109 maal (1958 – 1971).
Frik du Preez en dr. Danie Craven is met die stigting van die Internasionale Rugby Raad se “Hall of Fame” in 1997 ingesluit as Suid-Afrikaanse rugbyspelers.
Johan Rademan het met hom gesels en dié bydrae word komende Saterdagmiddag in RSG Sport uitgesaai. Hier is ‘n klankgreep iot die bydrae:
Luister hier na die volledige program.
Onder is foto’s van Frik du Preez in aksie in sy rugby-dae en hoe hy nou lyk.
As jy gewonder het hoe groot was “Groot” Frik du Preez in vgl met Eben Etzebeth en Lood de Jager. Wel, “Ysterbed” Etzebeth is 2,04 m en weeg 118 kg. Lood is swaarder en langer, 120kg en 2,06, terwyl Frik du Preez, oud Springbokflank en slot, 1,89m sal ons se kort was en 106kg geweeg het in sy speeldae.