Hie sittie manne
Drie manne hou ‘n braai om saam na ‘n rugbytoets te kyk.
Altyd gewonder waaroor manne om ‘n vuur gesels? Hul vrouens? Ander vrouens? Werk? Seks?
Dit lyk na ‘n normale Saterdagmiddag tussen vriende, maar dan begin die wiele stadig afkom.
Die manne rafel uit, hulle bieg en vertel mekaar goed wat niemand mag weet nie.
Die jare lange vriende raak weerloos eerlik.
En om alles te kroon, daag Ronel op om dinge nog meer deurmekaar te krap.
‘n Dronk man se woorde is n sober man se gedagtes, of hoe?
Ervaar deernis, humor en patos in ‘n ontboeseming van manne wat self gebraai word, gebeukte biefstukke van die tyd.
Die perfekte trio: Een ou moet braai, die ander moet sê hoe hy moet braai en die derde moet genoeg drink om te besluit wie’s reg
Rolverdeling van die radiodrama deur Leon Kruger:
Armand – Waldemar Schultz
Sakkie – Deon Lotz
Ben – Leon Kruger
Regie – Johan Rademan
Luister na ‘n klankgreep van die radioteater:
Jis kêrels, nou braai ons lekker!