Hoe koop jy skoene vir jou kind?
Charlene Lackay gesels met Pieter Roos, ‘n voetheelkundige, oor kinders se voete. (http://fixyourfeet.co.za/). Roos praat oor hoe ingewikkeld voete is, veral klein voetjies, en gee raad oor hoe jy kinderskoene moet koop.
Let wel:
- Dis ‘n mite dat jy skoene moet inloop. Dan is dit te klein of te smal as jy dit koop.
Meet jou kind se voete deur dit af te trek op ‘n papier of karton. (Hier is ‘n gids vir skoengroottes volgens die lengte van die kind se voet: https://www.blitzresults.com/en/childrens-shoe-sizes/#guide-how-to-measure-children8217s-feet-correctly
- Moenie bekommerd wees as jou baba/kleuter platvoete het nie. Dis om n groter area te gee om vas te staan.
- Kinders se voete groei so vinnig as hul lyfies. (Maar in puberteit kan die voete, neus, ore, knieë die res van die lyf vooruit groei.)