‘n Hoender is glad nie dom nie, sê Eddie Ferreira, eierboer van die Sondagsriviervallei in die Oos-Kaap, wat 5,000 vrylopende lêhenne onder sy vlerk neem.
Mariska Spoormaker het gaan inloer op sy gesertifiseerde organiese plaas waar die hoenders so lekker skrop.