Ian Wessels se ‘Lag Sonder Grense’ nou op rak

Ian Wessels se nuwe grapboek, Lag Sonder Grense, is nou op die rak. Dit is beslis bedoel vir grootmense. Ian se vorige boek, Genade Ede-LAG-bare, was Lapa UItgewers se topverkoper in 2017. Hulle is weer saam met RSG die uitgewers van sy nuwe graopboek, Lag Sonder Grense. Dit bevat humor oor ‘n breë spektreum, ingedeel volgens tema. Herders se weerbarstige kuddes lag mos maklik in die kerk, en dokters en ander kwakke se slagoffers gee weer sulke senuweeagtige laggies, terwyl kinders geen skaamte ken nie. Lag verlig mos nie stres as jy dit halfhartig doen nie – jy moet vir hom vrye teuels gee! Lag Sonder Grense is ‘n stywe dosis van die regte medisyne. As jy ‘n geskenk vir iemand soek, kan die boek jou redding wees. Kry jou kopie by toonaangewende boekwinkels. Jy kan dit ook direk bestel … Lees meer Ian Wessels se ‘Lag Sonder Grense’ nou op rak