Immergewilde Fiks vir die Lewe op Sondagaande


Die interaktiewe program Fiks vir die lewe is weer op lug van hierdie maand af, Sondagaande net na 19:00. Dat die program baie gewild by luisteraars is, kan ons agterkom uit die baie smse en e-posse wat ateljee toe gestuur word. Ook op die Fiks vir die Lewe  facebook lees ‘n mens hoe belangrik hierdie program vir luisteraars is.

Dr Flip Loots en sy geliefde hond

Flip Loots gesels in die programme onder andere met dr. Gustav Gous, Simon Bruinders, ds. Ivor Swartz, Zane Meas, dr. Jo Viljoen, dr. Johann Pienaar, en dr. Isak Burger, oor onderwerpe wat nie net antwoorde gee op brandende vrae by luisteraars nie, maar hulle ook begelei op die lewenspad – veral tydens die huidige pandemie.

Onderwerpe soos die volgende word behandel:

  • Moedeloos en bang vir die toekoms
  • Agressie en woede oor die pandemie
  • Passief of aktief in die “nuwe normaal”
  • Gehoorsaam of my eie baas rakende regeringsvoorskrifte
  • Saamleef in kleiner ruimtes
  • Herontdekking van my gesinslede in die grendeltyd
  • Jongmense se toekomsverwagting onder die wolk van ‘n pandemie.
  • ‘n Nuwe kerklike bedieningstyl?
  • Nuwe doelwitte en finansiele oorlewing
  • Watter plek is daar nog vir vermaak wanneer mense om my sterf?
  • Die beste gebruik van elke geleentheid – ingeval ons mekaar nie weer sien nie
  • Hoe om positief te bly en ander te inspireer
  • Hoop vir die toekoms?

Gaste op die program. Van links na regs is dr Gustav Gous, Simon Bruinders en Flip Loots.

Uiteraard hou ons die oor op die grond om so aktueel as mooontlik te wees en sou van die onderwerpe dus kon verander soos die reeks vorder.

Ds Ivor Swartz in die ateljee

Van links na regs staan Lieb Bester, dr Johan Pienaar en Flip Loots.

Dr Flip Loots en sy geliefde hond