Jody en Ettienne bekroon
By die 37ste SAB Sport media-toekenings-geleentheid wat Donderdag 23 November in Johannesburg plaasgevind het, het RSG die radio-afdeling gedomineer en drie van die vier toekenings in dié kategorie gewen.
Jody Hendricks het die met die toekening vir die Radio Sportverslaggewer van die jaar gewen, sy derde toekenning in twee jaar.
Ettienne Ludick is bekroon as sport-regisseur en -aanbieder van die jaar.
Jody sê: “Ek geniet dit om Rugby en sokker uit te saai maar kyk ook graag boks en tennis en dit is ook die twee sportsoorte wat ek beoefen as ek tyd het.”