Jody se nuwe rugbyprogram skop af op 1 April
Skrumtyd op RSG is Jody Hendricks se splinternuwe program Maandagaande 20:00.
Vanjaar is ‘n GROOT rugby jaar met die Wêreldbeker wat in September in Japan plaasvind.
Met al die opwinding rondtom die Springbokke wat vanjaar gaan poog om vir ‘n derde keer die titel te wen, het RSG besluit om ‘n rugby-program te skep waar daar indiepte na die rugby-nuus van die dag gekyk word, verskeie aspekte van die spel ontleed sal word en waar rolspelers kans sal kry om hul insigte met die luisteraars te deel.
Skrumtyd op RSG begin op Maandag 1 April om 8-uur en Jody Hendricks sal die persoon agter die mikrofoon wees. Elke program sal ook op potgooi by www.rsg.co.za beskikbaar wees.