Jou bloed red lewens
Dié ooggetuie foto is op 25 November op ons webwerf deur Ivor Hobbs gelaai. Die foto alleen vertel die verhaal van ‘n sigbare stryd van ‘n dapper kleuter. Hier is die agtergrond:
“Die vierjarige Jordan Pelser het ‘n baie skaars soort kanker, Burkitt’s Leukemie (ook bekend as nie-Hodgkin’s limfoom in kinders) As gevolg van sy behandeling by die Unitas Hospitaal in Pretoria het hy al talle eenhede bloed en bloedplaatjies ontvang, en is tans in remissie. Sonder gereelde en toegewyde bloedskenkers sal duisende kankerslagoffers nes Jordan nie die nodige behandeling kan ontvang nie. Terwyl jy besig is met die lewe, is jou bloed besig om lewens te red.”

Klein Jordan Pelser (4) is tans in remissie danksy talle bloed- en plaatjieoortappings by Unitas Hospitaal. Hy is met Burkitt’s Leukemia gediagnoseer.
Nuttige skakels:
Hier is meer inligting oor bloed- en limf-tipe kankers in kinders.
Luister na die potgooie van interessante programme oor kankers by kinders:
- Limfoom by kinders en volwassenes. ‘n Jong pasiënt vertel.
- Kanker in kinders
- Dokumentêr: Anderkant die Geel Deure: ‘n besoek aan die kinderkankersaal van Tygerberg Hospitaal.