Ken jy die see? Luister weer na dié dokkie


Op die klein kusdorpie Lambertsbaai is die Uys Krige gedig Ken jy die see, welbekend. Hierin word die moeilike omstandighede van kleinskaalse vissers belig. Die gevaarlike seetoestande en erkenning van vissers en hul regte.

Komende Donderdagaand volg ons die vissers se lewensverhale en hul verwelkoming van die moderne wêreld se tegnologiese oplossings om hul toegang tot die seekos mark aan te spreek. Ken jy die see, saamgestel deur my Martelize Brink, Donderdag 4 Maart om 20:00 op RSG.

Die onderwerp het op my pad gekom na aanleiding van die Abalobi-toepassing wat probeer om vissers deur tegnologie te bemagtig. Die toepassing help as ‘n tipe dagboek vir vissers en bied aan hulle direkte toegang tot die verbruiker. Die verbruiker word bemagtig deur inligting en weet presies waar hul vis vandaan kom tot die visser wat dit gevang het.

Coding for Crayfish (Trailer) – A Documentary by ABALOBI from ABALOBI on Vimeo.

Lees meer:
http://fishwithastory.org/

http://abalobi.org/

David Shoshola

Nico Walbeck

Chris Kastern.