Kersdag saam met RSG


Kersdag op RSG gaan vanjaar ‘n heilsame kuier wees met verse, stories, Kersmusiek en selfs ‘n reis na verskillende lande om te hoor hoe hulle Kersfees vier.

Luisteraars sal ook versoeke en Kerswense op lug kan deel.

Om 07:10 is daar ‘n spesiale Kersstemming, aangebied deur Tharien Oosthuizen, gevolg deur Loof die Here met Magdaleen Kruger, wat haar program aan Kersmusiek sal wy.

Die Oggenderediens volg om 09:00, en daarna Kersversoeke aan luisteraars van 90 jaar of ouer.

Vincent van Schalkwyk

Net na 10:00 is dit tyd vir Salon Musiek se spesiale Klassieke Kerskonsert. Die program bestaan uit orrel- en kitaarmusiek, die gewilde Pie Jesu, Ave Maria, O come ye faithful, Deck the Halls asook Holy, Holy, Holy.

Die sopraan Sisikelelwe Mgenela

Die kunstenaars is die orrelis Betsie Schaap, die belowende sewentienjarige kitaarspeler Vincent van Schalkwyk, die Ijadu-kamerkoor van die Tshwane Universiteit van Tegnologie, die twaalf strykers van die Brooklyn-teater en dan die sopraan Sisikelelwe Mgenela en die tenoor

Thomas Erlank

Thomas Erlank. Die konsert is onlangs voor ‘n gehoor in die SABC se M1-ouditorium in Auckland Park opgeneem. Luisteraars kan hierdie spesiale uitvoering gratis op Kersdag meemaak.

Lede van die Ijadu-kamerkoor van die Tshwane Universiteit van Tegnologie,

Om 11:30 reis wyle Roelf Jacobs in sy Kersdokumentêr uit die argief deur verskillende lande om te hoor wat elke land se Kerstradisies is. RSG se luisteraars hoor Kerswense in verskeie talle tesame met die allermooiste Kersmusiek.

Nic de Jager gaan sy plate afstof vir ‘n Kersweergawe van Nic se goed, net na 12:00.

Lizelle de Bruin en haar span gaan net na die 13:00-nuus op hul unieke manier Kersfees vier.

Estel de Beer, RSG se senior regisseur mandaat, bied Kortom vir Kersfees om 14:00 aan. Die verhaal handerl oor ‘n Suid-Afrikaanse aktrise wat terugkeer na haar wortels wanneer sy die glanswêreld van Hollywood agterlaat om Kersfees in Suid-Afrika te kom vier.

Net hierna gaan Sophia van Taak om 14:30 ‘n Vers en klank aanbied.

Die Kersdrama, Vier dae voor Kersfees, volg om 15:05. Dit is geskryf en geregisseer deur Estel de Beer met Henriëtta Gryffenberg, Anton Dekker, Charlie Bouguenon, Ria Smit en die nuweling Dihan Keun in die rolverdeling. In Suid-Afrika ken ons ‘n Somerkersfees en ontmoet in hierdie verhaal die Scheepers-gesin op hul plaas, Modderfontein. Die twee broers, Hein en Matthys, werk saam met hul pa, André, terwyl hul ma, Corli, voorberei vir die 24 familielede wat Kersdag op die plaas kom vier. Vier dae voor Kersfees roep André die broers na sy studeerkamer. Daar moet besluite geneem word wat die gang van die boerdery gaan verander. Dit ontstig Corli. En boonop is tannie Baby reeds besig om die Kersdag-spyskaart oor te neem. Sal hierdie Kerstyd wel ‘n tyd van versoening wees, of is dit dalk die laaste familiebyeenkoms op Modderfontein?

Net na die Kersdrama volg ‘n gespreksprogram om 16:05, aangebied deur Flip Loots.

Jacqui January skuif om 17:05 agter die mikrofoon in vir Dis gospel. Om 18:10 kan luisteraars hul Kerswense en -versoeke op lug deel.

Kompas, InTune met Fran-Rico Lucas, Beste van asook Laataandkuier is elk in die gewone tydgleuf.

Die Aandgedagte en aandboekvoorlesings sal ook gehoor kan word.

Die onderstaande foto’s is met die opname van die Kerskonsert geneem: