Kersfees deur die oë van ‘n kind


Haidee Muller-Isaacs het kinders gevra HOE hulle Kersfees ervaar.

Sy het selfs ‘n draai gaan maak by ‘n kerspartytjie op Groendal, Franschhoek, waar ‘n kafee-eienaar besluit het om ‘n vroeë Kersfees spesiaal vir die behoeftige kinders te hou voor sy winkel. Dit was feestelik, die kinders het aan sak-resies deelgeneem, geskenkies ontvang en weggelê aan die lekkernye. Ten spyte van moeilike omstandighede, sien die kinders steeds Kersfees as ‘n vreugdevolle tyd.

Luister Vrydagaand 25 Desember net ná die SES-UUR nuus en weer.

FOTO’s wat tydens die partytjie geneem is:

Haidee gesels met die organiseerder van die partytjie