Kersfees Gospel – 25 Desember 2020 – 20:00
Kersfees en die gebeure daar rondom word op ‘n nederige manier vertel. Dit bring nuwe hoop, geloof en vrede vir die wat dit glo.
Dis juis nederige Afrikaanse- en ou bekende kersliedere plaaslik en internasionaal, wat op Kersaand om 8-uur dié storie vertel.
Daar is ou bekendes vir saam-neurie – en sommige wat ietwat afdwaal van die bekende wysie.
Kom luister na Kersfees-Gospel Kersaand 8-uur die aand, saamgestel en aangebied deur Jacqui January.
Luister na ‘n klankgreep oor Kersdag Gospel:
Luister na Herbie Blackfoot Harris se Christmas Song: