Kersstemming
Skakel Sondagoggend tussen 5-6vm in en begin die dag rustig met ligte klassieke musiek in ‘n spesiale Kersstemming.
Luister o.a. na
- ‘n Fantasie op “I saw three ships” uitgevoer deur die fluitis James Galway,
- ‘n unieke vertolking van Simple Gifts deur die Salzedo Harp Duo,
- ‘n klassieke keltiese verwerking van O Holy Night gesing deur die sopraan Emer Barry van die Affiniti trio,
- en die London Filharmoniese orkes met And the Glory of the Lord uit die oratorium Die Messias van Händel.