Spesiale programme op Kersdag
Soos dit die tradisie by RSG is, bied ons weer op Kersdag ‘n hele reeks spesiale programme vir ons luisteraars aan.
Hier is van die hoogtepunte waarna jy kan uitsien
05:00 Kersdag Oggendstemming (gewyde kersmusiek) – Tharien Oosthuizen
05:55 Vroegoggendgedagte
06:00 Nuus en temperature
06:10 Kersdag Oggendstemming vervolg
06:45 Bybelvoorlesing vir kinders
06:55 Lewende Woord
07:00 Nuus en weer
07:10 – 8.00 Spesiale Loof die Here vir kersdag – Wouter de Wet
In ‘n program soos Loof die Here is dit seker onvermydelik dat daar ‘n lied soos Stille Nag gespeel word. Maar watter een om te kies? Daar bestaan letterlik honderde opnames daarvan.
“Vir my was dit baie maklik”, verduidelik Wouter de Wet, aanbieder van Loof die Here “Mimi Coertse se opname staan vir my kop en skouers bo die res. Dit laat my gedagtes teruggaan na ‘n snikhete Sondag in Oktober 1974…”
Mimi moes ‘n Kersalbum opneem. Sy het net toe in La Traviata in Kaapstad opgetree en het net een dag in Oktober vry gehad. Sy het Johannesburg toe gevlieg, die oggend om tienuur in die groot ateljee M1A by die ou SAUK aangekom waar Edgar Cree en die Nasionale Simfonieorkes van die SAUK op haar gewag het. Sy het dadelik begin sing. Om elfuur die aand het sy die sessie afgesluit met ‘n triomfantelike Joy to the World van Handel.
Die Kinderkoor van Pretoria het vir die middagsessie aangesluit, en saam met hulle het Mimi Stille Nag gesing – in Afrikaans, Duits en Engels. Die kinders het soos engeltjies gesing, en Mimi het nog nooit mooier geklink nie. Skielik was dit Kersfees in die ateljee…

Aanbieder Wouter de Wet en Mimi Coertse tydens ‘n tee-pouse by die opname van Kersfees met Mimi, waaruit Stille Nag gehoor kan word.
08:00 Nuus
08:05 Ek maak musiek (motette van Karl Jenkins) – Tharien Oosthuizen
09:00 Erediens
09:45 Gelukwense vir bejaardes
10:00 Nuus
10:05 Musiekreeks oor Verdi – Philip de Vos
11:00 Nuus
11:05 Kersdagversoeke van luisteraars
Stuur betyds jou kersgroete-boodskap na margaret@rsg.co.za of faks dit aan (011) 714-6445.
12:00 Nuushooftrekke
12:02 Nic se Goed
13:00 Nuus
13:10 Spesiale klassiekemusiek-program vir Kersdag (Maqnificat) – Terrance April
14:00 Spesiale VERS EN KLANK – Margot Luyt & Tharien Oosthuizen
Lees meer oor dié spesiale opname.
15:00 Nuus
15:05 Kersdrama (Die Somer van Ses-en-Vyftig – Engela van Rooyen – Helena Hugo
Dié drama deur Engela van Rooyen-Linde het met die louere weggestap in die kategorie vir beste Kersdrama in die RSG Cordis Trust se Christelike Radiodrama-skryfkompetisie vir 2016.
16:00 Nuus
16:05: Só vier die mense van Afrika Kersfees – Flip Loots se dokumentêre program op Kersdag.
Kersfees is tradisioneel ‘n familiefees waar ons graag bymekaar wil wees, kuier en lekker eet. Maar weet ons hoe ander kulture Kersfees vier? In hierdie dokumetêre program hoor ons meer daarvan.
17:00 Spesiale kerskonsert (COMART)
18:00 Nuus en weer
18:10 Spesiale kinderstorie – Pietman die skaapwagtertjie.
Pietman is baie ontsteld, want hy is weer gekies om die skaapwagter te wees in die Kersfeestoneel en hy het gehoop dat hy dié jaar Josef kon speel. Pietman gaan vra raad by sy familie, maar kom nie juis reg nie, tot hy by sy ouma kom.
Fourie Roussow het die storie geskryf en dit word voorgelees deur Christelle van Tonder.
18:30 Spesiale kersfees Leefwêreld van die Gestremde – Jacqui January
19:00 Nuus
19:10 Aanddiens
19:30 Spesiale Kersdagprogram vir kinders – Haidee Muller
Vader Krismis se kinners.
Haidee Muller gesels met kinders oor hoe hulle Kersfees vier, wat Kersfees vir hulle beteken en hoekom die feestyd vir die jonges so besonders is. Sy speel ook Kersliedere wat gesing word deur kinders.
Die kindertjies van Kaya Kiddies Pre School in Kuilsrivier is deel van die kinderprogram.
20:00 Kommentaar
21:00 Nuus en temperature
21.10 – 22.00: Dis Opera
Wouter de Wet, aanbieder van Dis Opera op RSG, sê hy sien altyd uit na Kersfees, want dis die aand waarop hy van al die fabelagtige Kersalbums van operasangers gebruik kan maak.
“Kyk, dit help nie ‘n mens speel iets van ‘n Pavarotti of Sutherland of Domingo se Kersalbums in die loop van die jaar nie. Dit werk nie. Maar op Kersaand kan ‘n man laat waai en al die wonderlike albums wat in die jaar stof vergader het, uithaal en speel. Dis verstommend hoeveel Kersalbums daar deur voorste operasangers gemaak is, gewoonlik met luukse orkestrasie en verbeeldingryke verwerkings.”
En ja, talle van hulle sal Sondagaand 25 Desember in Dis Opera gehoor word.
23:00 Nuus en weer
23:10 Musiek
23:55 Laataandgedagte