Hanteer ‘n kind se woedebuie só


Word jou kind Kwaaitjie Kabouter? Of sommer gewoon aggressief? En moenie dink dit gebeur net met seuns nie. Hoe gemaak met jou kind se woedebuie?

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Belinda de Villiers oor woedeuitbarstings en aggressie by kinders. Wat is die emosies wat daaragter skuil, en hoe kan versorgers dit hanteer?

Neem kennis van ons nuwe reeks oor boelies Genoeg is genoeg! wat vanaand begin.