Kies só ‘n hoërskool vir jou kind


Wanneer opsies vir hoërskole oorweeg word, is daar dikwels konflik te sprake. Daar kan konflik in die huis wees waar die ouer en kind verskil oor die keuse van ’n skool, maar dikwels is daar ook konflik oor wat ’n persoon dink die regte besluit sal wees, en hoe ’n persoon se hart voel die regte besluit is. Wat is die slaggate waarvoor ouers op die uitkyk moet wees?

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige dr. Santa Josling oor hoe om ‘n hoërskool vir jou kind te kies.