Boelies-reeks: ‘n Oud-boelie vertel


Phil Loots en dr. Rodney Seale

Dat boelies in die samelewing baie kinders en grootmense se lewens versuur, staan soos ‘n paal bo water.  Tog lyk dit asof daar geen oplossing vir hierdie probleem op skool en selfs daarna is nie.

RSG het besluit om die boelie-probleem tromp-op aan te vat en saai vanaf 1 Oktober 2018 elke Maandagaand om 18:30 ‘n regstreekse program oor boelies uit met die titel: Genoeg is Genoeg!

Die Boelie-statistiek is ontstellend. Luister hier:

Dr Rodney Seale

Phil Loots is die aanbieder met dr. Rodney Seale as kundige in die ateljee.  Elke aand word ‘n gas genooi om deel te neem en daar word gesels met skoolhoofde, prefekte, kinders wat slagoffers van boelies was, bekommerde ouers em baie meer. Luisteraars kan deur middel van SMS’e, eposse en Facebook met die ateljee kontak maak. Nie alleen word inligting oor die verskynsel van boelies deurgegee nie, maar vrae word beantwoord en wenke gegee oor hoe om hierdie probleem stop te sit.

Hier is die eerste 7 programme indien jy dit misgeloop het

Maandag 1 Oktober 2018

Die verskynsel van boelies op skool, in die werksplek en selfs in die kuberruimte beïnvloed baie kinders en grootmense se lewe negatief. Phil Loots gesels met dr. Rodney Seale oor die omvang van die boelieprobleem. Daar is ook ‘n gesprek met ‘n jong gestremde wat geboelie is.

Maandag 8 Oktober 2018

Phil Loots en dr. Rodney Seale praat met gesinne wat die boelie-verskynsel ervaar het.

Maandag 15 Oktober 2018

Boelies kan op verskillende maniere ander se lewens versuur. Phil Loots en dr. Rodney Seale praat met ‘n oud-boelie en ‘n maatskaplike werker oor die gedragstyle van boelies.

 

Maandag 22 Oktober 2018

Baie mense – ouers, onderwysers en kinders – kyk anderpad as daar van boelies gepraat word, terwyl dit lyk of die probleem geen einde het nie! Phil Loots en dr. Rodney Seale praat met ‘n opvoedkundige sielkundige hieroor.

Maandag 29 Oktober 2018

Phil Loots en dr. Rodney Seale kyk na die probleem van onderwysers wat geboelie word.

Maandag 5 November 2018

Hoe gemaak as my kind by die skool, of ek by die werk geboelie word? Kan die boelie aangekla word? Phil Loots en dr. Rodney Seale praat met ‘n prokureur en advokaat hieroor.

Maandag 12 November 2018

Daar word baie oor boelies gepraat, maar is dit iets wat net op skool gebeur? Phil Loots en dr. Rodney Seale praat hieroor met jonger én ouer mense.