Só word refleksiologie op ‘n babavoetjie gedoen


Brabbeltyd deur Charlene Lackay: 21 Augustus: Refleksiologie vir babas.

Katryn se ma, Tania Nienaber, vertel self hoe goed refleksiologie haar en haar dogter doen. Refleksoloog Edna Malherbe, het ’n spesiale band met Katryn gehad nog voordat sy gebore is. Tania was ’n gereelde pasiënt van Edna. Volgens ginekoloë was dit hoogs onwaarskynlik dat sy ooit sou swanger word. Twee weke voordat sy ’n swangerskaptoets gedoen het, het Edna tydens ’n behandeling waargeneem dat sy swanger is. Tania en Katryn ry een keer ’n maand Centurion (Pretoria) toe vir ’n behandeling by Edna om seker te maak al die voordele soos goeie slaappatrone en spysvertering, bly in stand.

Refleksioloog Edna Malherbe en haar jong pasiëntjie, die vier maande oue Katryn, is duidelik mal oor mekaar.

Katryn en haar ma

Besig met refleksiologie