Koolhidraat/stysel uitruilporsies


Sommige koolhidrate kom in die geel mandjie – jy het dit nodig vir energie en jou brein benodig 125 g glukose per dag, maar sommige koolhidrate – soos soetgoed, koeke, terte, suiker, lekkers, soet koeldranke en so meer – is beslis in die rooi mandjie en beperk tot een keer per week.
Dit is belangrik om liefs koolhidrate te eet wat stadiger energie vrystel, dus volgraan stysels.
Jy kan 4 porsies koolhidrate per dag inneem, maar let op dat sommige groente soos mielies, patat ens eintlik as styselkosse tel en dat wortels en ander geel groentes as halwe koolhidraat tel.

Porsiegroottes en -uitruillys

Die maklikste manier om te onthou hoe groot ‘n porsie is, is om jou hand te gebruik. Die meeste porsies is so groot soos óf jou gebalde vuis, jou handpalm, jou duim of die voorste lit van jou pinkie. Op dié manier werk dit dan ook só dat groter mense se porsies groter is as kleingeboude mense.

Hier is ‘n eenvoudige lys van uitruilbare porsies in al die groepe. Dit is saamgestel deur NICUS (die Voedings-inligtingsentrum van die Universiteit van Stellenbosch)

Voedselgroep Porsiegroottes
Brood en graanprodukte

(dink handpalm of gebalde vuis)

 

1 sny volkoring brood of  ½ broodrolletjie
½ k of 1blokkie hoë vesel ontbytgraan,hawermout of mieliepap
½ k peulgroente bv. bone, ertjies, lensies
3 volgraan kraakbeskuitjies
1 medium aartappel
1 klein patat
1/3 k rys, pasta
1 klein mielie
1 k beet, pampoen, wortels

Fokus op koolhidrate
Ons pak dit in ‘nuwe mandjie, naamlik die oranje mandjie, omdat ons elke dag koolhidrate behoort in te neem, maar ons moet verkieslik die REGTE koolhidrate inneem. Sommige koolhidrate soos koekies, koek ens is reeds in die rooi mandjie gepak en tel as ‘n een-porsie-per-week bederfhappie.

Koolhidrate oftewel stysels is nie taboe nie, inteendeel koolhidrate is ‘n belangrike bron van energie. Die mens het ensieme om sekere kossoorte te verteer, onder meer protease-ensieme om proteïene te verteer, lipases om vette te verteer en amilase-ensieme om koolhidrate te verteer. Dus, ander as wat die Banters reken, is die mens heeltemal gerat om koolhidrate te verwerk. Maar – en ons stem met die Banters saam – dinge het hand-uit geruk en osn het dit oordoen met porsies en porsiegroottes en verfynde koolhidrate geëet as koolhidrate wat veselryk is.

Koolhidrate sluit in:

  • alle graankosse soos rys, aartappels, pasta, koring, sorghum,pap, wat dan ook die gebak insluit soos brood, pitabrood, Pro-Vita, koek en koekies. Koek en koekies is lankal reeds in die rooi mandjie gepak.
  • knolgroente soos aartappels, patat
  • peulgroente soos bone, lensies, kekerertjies (wat helfte koolhidraat, helfte proteïen is)
  • Geel- en oranje groente soos pampoen, botterskorsie, skorsie en wortel, wat groente is, maar omdat dit baie koolhidrate bevat, tel dit as ‘n koolhidraat-porsie

Jy kan 4 porsies koolhidrate per dag inneem, liefs koolhidrate vol ru-vesel. Probeer om elke dag jou porsies af te wissel. Kies byvoorbeeld uit al die groepe:

  • 1/2 koppie porsie bruin rys as wit rys eet; of couscous, of koring of stampkoring
  • 1 sny growwe, saadryke brood eerder as witbrood,
  • 1/2 koppie pasta
  • 2 Provitas
  • 1/2 k hawermoutpap
  • Klein aartappel of patat of mielie, heel gaargemaak op die kole of in die oond, of gekook, maar nie met ekstra botter of heuning of suiker nie
  • 1/2 k geel of oranje groente, sonder bykomende botter of suiker
  • 1/2 k peulgroente