Wen met ATKV #heldhaftig


Stem vir jou held en staan ’n kans om R 1 500 se data en ‘n jaar lange ATKV-lidmaatskap te wen met komplimente van die ATKV. Klik hier.

“Toe die ATKV op ’n doodgewone Dinsdagaand in 1930 tot stand gekom het, was een ding seker: Die organisasie se hart was reg, sy hand was oop, sy voet gereed en sy mond het Afrikaans gepraat,” sê Sonél Brits, besturende direkteur van die ATKV.

88 jaar later kan ’n mens in die werk wat die ATKV doen, sien dat hierdie woorde nie net lippetaal was nie. “Die werk wat ons doen, maak van gewone mense in hul gemeenskap helde,” sê Sonél “en daarom fokus die ATKV se splinternuwe advertensieveldtog, #heldhaftig, op alledaagse helde”.

“Ons wil vir mense vertel wat ons regtig doen. Daar is nog te veel mense wat onseker is en dink die ATKV bestaan net uit vakansieoorde. Hulle weet nie noodwendig hoe betrokke ons in gemeenskappe, skole en die kunste is nie.

“Ons projekte het nog altyd ’n integrale deel van ’n individu se ontwikkeling gevorm. Dit stel kinders in staat om later self die fakkel in hul gemeenskap op te neem en daarmee te hardloop. Dan praat ons nie eens van die wonderlike werk wat die meer as 325 ATKV-takke in hul gemeenskappe doen nie.”

Benewens die heldedade wat die ATKV-takke verrig, wil nasionale ATKV-projekte ’n platform skep vir jong mense en onderwysers om self helde te word.

Die splinternuwe reklameveldtog #heldhaftig wil mense aanmoedig om deel van die ATKV te word.

Die gedagte is eenvoudig: sluit aan, word deel, wees ’n held! Vertel vir ons wie is jou held en staan ’n kans om ’n jaar lange ATKV-lidmaatskap te wen. Hierdie lidmaatskap gee jou toegang tot die veelbekroonde tydskrif, Taalgenoot.

Stem vir jou held en staan ’n kans om R 1 500 se data en ‘n jaarlange ATKV-lidmaatskap te wen met komplimente van die ATKV. Klik hier!